BOTSWANA OKAVANGO SELFBESTUUR

Stuur ons n E-pos of bel ons vir meer informasie op + 27 21 855 0395

Het jy al ooit die droom gehad van ‘n 4x4 reis te doen, maar jy besit nie ‘n 4x4 nie? Hier is die perfekte geleentheid

In 2015 gaan Temba Travel ‘n 4x4 Safari aanbied. Daar is ruimte vir 10 voertuie: 5 privaat-voertuie sowel as ons eie vier Land Cruisers en een Mitsubishi. Klante sal die vier Land Cruisers teen bekostigbare pryse kan huur om aan die Safari deel te neem.

 

Wat hierdie toer spesiaal maak is dat Andries Erwee die toer sal meemaak as die gids. Andries is ‘n Fgasa-geregistreerde en UNISA-gekwalifiseerde toergids. Hy het ‘n MBL-graad van UNISA en hy is in die laaste fase van sy Meestersgraad in Wildlewebestuur. As jy gaan aansluit by ons Safari sal jy ‘n hoogs gekwalifiseerde en vermaaklike toerleier hê.

 

Ons glo nie dit is noodsaaklik om in ‘n konvooi te ry nie. Jy kan die leier volg of op eie pas die roete volg.

 

Die toer begin in Klein-Kariba in Suid-Afrika en eindig in Victoria Falls. Ons prys is slegs R9 000 per persoon en sluit die retoerkaartjie van Vic Falls na Johannesburg in vir diegene wat ‘n voertuig van ons huur. Dit sluit ook uitsonderlike kos, kamp- en toegangskoste in. Vir diegene met hul eie voertuie sal die toer eindig in Vic Falls, maar jy sal kan aansluit by ons toer van die Zambezi-streek (die ou Caprivi-strook) en die Kalahari, wat dan eindig in Johannesburg.

DAG 1 (in en uit, 10 Mei): Klein-Kariba
Ons kom bymekaar by Klein-Kariba in Bela-Bela, Suid-Afrika. As jy van ons voertuie gebruik maak, kry ons jou by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Ons kom byeen by Bela-Bela om 16:00. Ons leer mekaar ken en doen ‘n kort kursus in 4x4 bestuursvaardighede. Vanaand geniet ons ‘n tradisionele Suid-Afrikaanse braai en die verhitte swembaddens van Klein-Kariba.

DAG 2 & 3 (In 10 Mei, uit 12 May): Khama Rhino Sanctuary
Ná ontbyt om 08:00 vertrek ons uit Bela-Bela. Ons steek die grens met Botswana oor en kom in die laatmiddag aan by Khama Rhino Sanctuary. Daar is 13 kampplekke, insluitend vir groot groepe. Die sentrale kenmerk van elke plek is ‘n groot Mokongwa-boom, wat beide karakter en skadu verskaf. Daar is ook ‘n vuurmaakplek, ‘n braaiplek met rooster, en ‘n kraan met ‘n voëlbad. Die kampplek het twee gemeenskaplike ablusieblokke. Ons bly by Khama Rhino Sanctuary vir twee nagte. Die eerste aand stel ons kamp op en gaan ons vir ‘n aand-wildrit. Ons braai steak vir aandete.

Op Dag 2 se oggend gaan ons vir ‘n vroeë oggend wildrit. Daarna maak ons ontbyt en gaan dan weer op ‘n wildrit. Jy kan ook deelneem aan van die ander aktiwiteite wat die kampplek aanbied. In die namiddag gaan ons op nog ‘n wildrit. Ons keer dan terug en maak aandete.

DAG 4 (In 12 Mei, uit 13 Mei): Kubu Island
Na ontbyt vertrek ons na Kubu Island. Die spokerige, dramatiese landskap van die Makgadikgadi-panne in Botswana is een van die wêreld se grootste soutpanne. Dit is die oorblyfsels van ‘n enorme watermassa, die Makgadikgadi-meer, wat sowat 10 000 jaar gelede oopgedroog het. Jy kan steeds die oewerlyn van die meer uitmaak. Die mees sigbare deel van die ou oewerlyn is by Gidikwe Ridge in die suidwestelike deel van die panne.

Met hul glinsterende kors van wit sout bestaan die Makgadikgadi-panne eintlik uit ‘n reeks panne wat deur woestyn geskei word van mekaar. Die grootste is Nxai, Sua en die Ntwetwe-panne. In die Sua-pan is daar twee “eilande” - eteriese klipriwwe in die wye leegheid bekend as Kukome Island en Kubu Island. Die spokerige Kubu Island is ‘n nasionale monument en huisves ‘n aantal baobab-bome.

DAG 5 & 6 (In 13 Mei, uit15 Mei): Nxai-panne
Die Nxai-panne is moontlik nie so welbekend soos ander parke in Botswana nie, maar dit is beslis die perfekte bestemming vir die wildlewe-entoesias. Daar is slegs een watergat tydens Mei en alle diere kom hiernatoe. Daar is dus nie nodig om rond te ry nie en uitsonderlike wildbesigtiging is gewaarborg.

DAG 7 (In 15 Mei, out 16 Mei): Island Safari Lodge
Ons is op pad na Maun, waar ons petrol en voorrade gaan kry. Vanaand kamp ons by Island Safari Lodge. Jy kan langs die swembad ontspan of ‘n drankie in die kroeg geniet. Vanaand berei ons ‘n maaltyd voor en geniet die rustige atmosfeer langs die rivier. Jy sal ook kans kry om ‘n skemerkelkie-vaart op die rivier te doen.

DAG 8-10 (In 16 Mei, uit 19 Mei): Khwai of North Gate (Moremi)
Die Moremi-wildreservaat strek oor ‘n deel van die Okavango Delta. Dit is moontlik die mooiste wildreservaat in Afrika, met groot getalle van die groot diersoorte.

Terwyl ons hier is gaan ons twee wildritte per dag doen. Dit sal ons soms diep in die Delta inneem. Die beweeglikheid van ons Safari-voertuie en die uitstekende kennis van jou veldwagter/ gids sal die kans vergroot dat jy darem van die Groot Vyf sal sien. Die voëllewe sal beslis uitsonderlik wees, veral tydens die somermaande. Die plantegroei in Moremi en die Delta beloof om fantasties te wees.

Ingesluit by die safari is ‘n uurlange Mokoro-reis in die Delta. Dit sal jou toelaat om die tradisionele vervoer van die Delta te ervaar terwyl jy die omgewing en klanke van die Okavango Delta beleef.

DAG 11 & 12 (in 19 Mei, uit 21 Mei): Savuti
Ons vertrek van Moremi na Savuti in die Chobe-wildreservaat. Die Savuti-kanaal het meer as 20 jaar gelede opgedroog, maar dit is nou vol water. Die water loop in die plein in wat bekendstaan as die Savuti-moeras. Groot konsentrasies van pleindiere soos die Zebra en Wildebeest is hier te sien, met leeus wat nie te ver van hul prooi is nie. Hier gaan jou 4x4 bestuursvaardighede getoets word in die diep sand van die Chobe Nasionale Park.

DAG 13 (In 21 Mei, uit 22 Mei): Chobe Safari Lodge
Kasane is ‘n klein maar besige dorpie by die plek waar vier lande - Botswana, Zimbabwe, Namibië en Zambië - se grense kruis. Daar is geen draadafsperrings tussen Kasane en die Chobe Nasionale Park nie, so moenie te verbaas wees as jy ‘n seekoei of olifant in die pad sien afstap nie! Kasane is die poort na die Chobe Nasionale Park. Ons sal ‘n sonsondergang-vaar op die Chobe-rivier doen. Die sonsondergang hier is die onderwerp van vele fotos van die Afrika-bos, so jy is gewaarborg van ‘n perfekte poskaartjie-sonsondergang.

Deur die Sedudu Valley-pad wat uit Kasane loop, sal jy ‘n hele paar dooie bome teëkom. ‘n Ontspanne luiperd sal waarskynlik op een van hierdie bome uitgesprei lê en die verbykomende “verkeer” dophou. Die Sedudu Island is ‘n gunsteling weidingsplek vir olifante, buffels en seekoeie, maar jy sal ook skaars Afrika-voëlsoorte sien, byvoorbeeld die blouvisvanger en die Afrika-watertrapper.

Kasane en die Chobe-streek het ‘n aantal interessante plekke om te besoek, waarvan die ou baobab-boom net een is. In die vroeë 1900s is die uitgeholde, verwronge stam as ‘n tronk gebruik voor die huidige gevangenis gebou is. As jy ietwat meer avontuurlustig is, sal ‘n besoek aan die Kasane-stroomversnellings - ‘n kort afstand van die dorp, baie opwindend wees.

DAG 14 & 15 (in 22 Mei, uit 24 Mei): Victoria Falls
Ons vertrek na Victoria Falls. Ons sal as ‘n groep ontbyt en aandete geniet, maar gedurende die dag kan jy aan enige aktiwiteit waarin jy belangstel deelneem. Ons toer eindig op 24 Mei. As jy ‘n voertuig van Temba Travel gehuur het, vlieg ons jou terug na Johannesburg van die valle. As jy met jou eie voertuig gereis het, ry jy self terug Suid-Afrika toe of jy is welkom om by ons Zambezi-streek/ Kalahari-toer aan te sluit. Jou retoerkaartjie na Johannesburg is ingesluit in die prys as jy een van Temba se voertuie gehuur het.

Stuur ons n E-pos of bel ons vir meer informasie op + 27 21 855 0395